ONTMOET ONS JUFFROUENS

Martha du Plessis
Martha du PlessisHoof
Ons hoof, Juffrou Martha, is verseker ‘n tweede mamma vir elkeen van ons Gogga-lyfies. Sy het ‘n sagte hart en altyd ‘n glimlag op haar gesig, daarom is al die kinders gek oor haar. Met haar kreatiewe denke laat sy skoolwerk soos ‘n speletjie voel.

Juffrou Martha bied met groot deernis die nodige ondersteuning aan ouers en personeel. Sy hou ons span onderwysers gemotiveerd en maak seker dat geen kleuterlyfie ooit ‘n slegte dag beleef nie. Met haar positiewe geaardheid sien sy graag die koppie as halfvol. Sy was van dag een af intens betrokke by die droom en die bou van Gogga Kleuterskool.

Haar kwalifikasies sluit in ‘n B Prim-Ed (Unisa). Sy het meer as 19 jaar ervaring om met kinders te werk.

Miems van Aswegen
Miems van AswegenBaba klas 3 - 14 mnde
Tannie Miems van Aswegen is ons Slakkie klas (3 – 14 maande) se juffrou. Tannie Miems is ons hart van die Slakkieklas (Babaklas). Sy is ‘n ware engel met ‘n sagte aanraking en ‘n groot liefde vir elke klein mensie in haar sorg. Sy het ‘n besonderse vermoë om elke baba veilig, geliefd en geborge te laat voel. Haar rustige teenwoordigheid bring kalmte in die klas.

Met haar opregte omgee vir ander en haar warm persoonlikheid, straal sy liefde en deernis uit – nie net teenoor die babas nie, maar ook teenoor kollegas en ouers. Sy is ‘n onmisbare skakel in ons span, en haar toewyding en hart vir haar werk maak haar werklik uniek.

Sy het 13 jaar ondervinding as naskoolassistent en universiteitsdosent. Haar kwalifasies sluit in: BA Honns, ‘n Nasionale Onderwysdiploma en ‘n Diploma in Taal- en Teksversorging.

Engela Botha
Engela Botha1 - 2 jaar
Juffrou Engela is ons Bytjie klas (1 – 2 jariges) se juffrou.

Juffrou Engela is ‘n saggeaarde en opregte mens met ‘n warm hart vir ander.

Haar geduld en uithouvermoë maak dat sy elke uitdaging met ‘n glimlag aanpak, en haar liefde vir mense straal deur alles wat sy doen.

Sy is altyd bereid om te help, maak nie saak hoe klein of groot die taak is nie, en gee onwrikbaar haar volle 100% in elke situasie.

Haar toewyding, empatie en rustige gees maak haar nie net ‘n uitsonderlike onderwyseres nie, maar ook ‘n kosbare mens vir almal wat haar ken.

Sy het 3 jaar ondervinding in skoolgee. Sy is tans nog besig met haar BeD graad.

Anerize Kelbrick-Turner
Anerize Kelbrick-Turner2 - 3 jr
Juffrou Anerize Kelbrick-Turner is ons Besie klas (2 – 3 jariges) se juffrou.

Juffrou Anerize is ‘n vriendelike, rustige persoon met ‘n opregte liefde vir kinders en diere. Sy bring ‘n kalm, positiewe energie na elke situasie en geniet dit om nuwe uitdagings met entoesiasme aan te pak.

Haar betroubaarheid en sagte geaardheid maak haar ‘n kosbare deel van ons Goggaspan. Juffrou Anerize het Vlak 5 in Vroeë Kinderontwikkeling voltooi en het 3 jaar ondervinding in skoolgee.

Marlé Baartman
Marlé Baartman3 - 4 jr, Gr RRR
Juffrou Marlé Baartman is ons Skoenlappertjie klas (3 – 4 jariges), die Gr. RRR se juffrou.

Juffrou Marlé is ‘n toegewyde en passievolle opvoeder wat haar werk met uitsonderlike ywer en sorg aanpak. Haar rustige teenwoordigheid bring kalmte, selfs in uitdagende omstandighede.

Sy het die vermoë om met wysheid en bedagsaamheid vinnige besluite te kan neem. Sy is buitengewoon hardwerkend en gee altyd meer as wat van haar verwag word. Haar toewyding, empatie en professionele ingesteldheid maak haar ‘n onmisbare deel van ons Gogga span en ‘n ware inspirasie vir almal om haar.

Juffrou Marlé het 8 jaar ondervinding in onderwys en het vlak 6 in Vroeë Kinderontwikkeling. Sy het haar studies in Kinder- en Traumaberading voltooi en is tans besig met haar studies in Spelterapie.

Danike Joubert
Danike Joubert 4 - 5 jr, Gr RR
Juffrou Danike Joubert is ons Vuurvliegie klas (4 – 5 jariges), die Gr. RR se juffrou.

Juffrou Danike is ‘n ware sonstraal in ons Gogga Kleuterskool. Kreatief, energiek en altyd bereid om ‘n bietjie ekstra te gee. Sy skitter op verskeie terreine en pak elke uitdaging met ywer en entoesiasme aan.

Vir haar is niks ooit te veel nie, sy doen altyd meer as wat van haar verwag word. Haar leerders lê haar na aan die hart – elke kind word met liefde, sorg en aandag hanteer asof hulle haar eie is. Juffrou Danike se klas is ‘n plek waar leer, vreugde en kreatiwiteit gepaart gaan, en waar elke kind aangemoedig word om hul volle potensiaal te bereik.

Haar kwalifikasies sluit in ‘n BA Honns en ‘n nagraadse kwalifikasie in Onderwys (UP). Sy studeer tans verder in Vroeë Kinderontwikkeling.

ONTMOET ONS MIDDAG PERSONEEL

Simoné Oosthuizen
Simoné OosthuizenMiddag Personeel
Christa Geringer
Christa GeringerMiddag Personeel

ONTMOET ONS ASSISTENTE

Agnes
AgnesAssistent
Bettie
BettieAssistent
Dinah
DinahAssistent
Doris
DorisAssistent
Francina
FrancinaAssistent
Sophie
SophieAssistent
Solly
SollyTerrein Assistent
KONTAK ONS VIR MEER INLIGTING