MiniMusiek
MiniMusiek (Pty) Ltd is BAIE opwindende musieklessies vir babas, peuters en kleuters wat kinders holisties ontwikkel.
MiniMusiek word as ‘n buitemuurse aktiwiteit een maal per week (per kind) in groepsverband aangebied by kleuterskole, laerskole se Graad R-sentrums, asook in die gemak van ouers se huise in en om Pretoria.
Die doel is om by elke kind ‘n liefde vir musiek te kweek, terwyl hulle speel-speel leer hoe om met ‘n verskeidenheid slaginstrumente te werk. Hul leer ook liedjies en versies, en hulle dans en speel. Basiese musiekkonsepte word stelselmatig, eenvoudig en geleidelik aan elke kind bekend gestel en deurlopend aangeleer, sodat hulle dit teen die einde van die jaar sal verstaan en kan toepas.
MiniMusiek is opwindende musieklessies wat as ‘n buitemuurse aktiwiteit een maal per week by Gogga Kleuterskool en Speelskool aangebied word.
Ons fokus op:
Polsslag of geen polsslag
Mars en wals
Ritme
Tempo (vinnig/stadig)
Toonhoogte (hoog/laag en spronge/trapsgewys)
Dinamiek (hard/sag)
Stemming (vrolik/treurig)
Klankkleur (snaarinstrumente, blaasinstrumente, slaginstrumente, klawerborde)
Vorm (kontras AB en ABA)
Artikulasie (staccato en legato)
Kinderkinetika
Kinderkinetika is ’n beroep wat wetenskaplik-gefundeerde fisieke aktiwiteit gebruik om die neuromotoriese en grootmotoriese ontwikkeling van kinders tussen 0 en 13 jaar te bevorder. Dit fokus op die optimalisering van bewegingsvaardighede deur stimulasie, korreksie en rehabilitasie om ’n kind se algehele welstand, kognitiewe ontwikkeling en gesondheid te verbeter.







