WAT SÊ ONS OUERS

‘n Pragtige skool, met uitstekende personeel, gronde, toerusting – alles uit die boonste rakke! Ek staan verstom, julle is in ‘n klas van jul eie!

Yolanda Jacobs

Mari-Lee en Danike, julle is regtig ongelooflike onderwyseresse met die kreatiefste idees. Julle maak elke dag so lekker vir M dat hy Saterdae skoon onsteld is as hy hoor dis nie skool nie. Baie dankie hiervoor. En dankie, Runél, vir ‘n eersteklas skool met so baie geleenthede en die heel beste toerusting.

Melissa (Vuurvliegie klas mamma)

Klein klassies, liefdevolle en opgeleide personeel!  My seuntjie kan nie wag om in die oggend skool toe te gaan nie!

Michélle Cloete

Jy sal nie beter kry as by Gogga Speelskool nie.  Laat jou kleinding bedags met ‘n geruste hart in die hande van ware omgee-personeel!

Marietjie Fouché

Gogga speelskool – wat ‘n ongelooflike skool! Goeie juffrouens, die skool is netjies en gesonde, gebalanseerde etes word elke dag voorsien.  Selfs die buitemuurse aktiwiteite word by hul skoolfonds ingesluit.

Bernadette van der Walt

Dankie Martha, vir alles wat jul tot dusver vir ons lyfie gedoen het. Sy is ongelooflik lief vir haar nuwe skool en juffrouens! Dit maak ons as ouers so bly om ons dogtertjie gelukkig te sien. Ons het die week so ‘n groot en positiewe verandering in haar gesien. Haar hartjie is weer gelukkig. Sy wil skool toe gaan, praat alte lekker elke middag oor die lekker dinge wat sy by die skool doen en sy tree weer spontaan op.

Ek kan net duisend maal dankie vir jou en jou personeel sê! Gogga Speelskool is n juweelskool!

Chérese (Vuurvliegie klas mamma)

Juffrou Bets is so liefdevol, saggeaard en geduldig met ons besige bytjies in haar Bytjie-klas.

My mamma-hart is elke oggend gerus wanneer ek vir Z in haar arms kan oorgee en weet dat sy na hom kyk, liefhet en speel-speel leer, soos ‘n ouma vir haar eie kleinkind sal doen.

Carisa (Bytjie klas mamma)

Marlé Baartman was my vierjarige seuntjie se klasonderwyseres by ‘n vorige kleuterskool – en ek laat my kind enige dag met ‘n geruste hart in haar hande.

Ek het haar leer ken as ‘n toegewyde onderwyseres wat my kind geborge laat voel het en hom terselfdertyd die ruimte gegun het om op ‘n veilige manier sy grense te toets.

Die moeite wat sy doen om te verseker dat elke kind in ‘n besige klas die aandag kry wat hy of sy nodig het; die moeite wat sy doen om te verseker dat elke kind teen sy eie pas vorder; en die geesdrif wat sy het vir elke mylpaal wat hulle bereik, is iets waarvoor ek elke dag dankbaar was.

Marlé se deur staan altyd oop vir enige ouer en haar terugvoer is opbouend. Enige kind wat haar as juffrou het, sal ongetwyfeld floreer.

Oor juffrou Marlé Baartman
KONTAK ONS VIR MEER INLIGTING