GOGGA SPEELSKOOL

Goggas Kleuterskool voldoen aan die Departement van Basiese Onderwys se CAPS kurrikulum en leeruitkomste, maar is méér as net ‘n skool vir u kleuter. Ons is ‘n tuiste, ‘n plek waar elke kleinding veilig en geliefd sal voel. Want eers as daar aan ‘n kind se primêre behoefte aan veilig voel in sy omgewing en ook veilig voel in die teenwoordigheid van sy juffrou en die assistente voldoen is, kan sy lyfie genoeg ontspan om te begin leer en ontwikkel.

Hier werk ons as ‘n span saam en hierdie besonderse span geniet dit om die Here se Gogga-kleuters te sien groei en ontwikkel.

Omdat ons self ouers is, weet ons hoe uitdagend ouerskap kan wees. Hier bied ons dus ‘n luisterende oor aan elke Gogga-ouer. Ons deel in die vreugdes van elke kleuter en is saam met elke ouer trots op ons Gogga-lyfies se groei en ontwikkeling. So getuig ons ook met dankbaarheid saam oor elke stukkie genade en hulp wat ons ontvang om ouer-wees te kan bestuur en bemeester.

Gogga Kleuterskool glo daarin om daagliks ons ouers en kleuters ook in die klein dingetjies by te staan. Hier gee ons elke oggend pap om seker te maak alle magies is vol en gereed vir die dag. Ons let op na die swak eters en maak voorsiening vir allergiese kleuters. Ons stuur foto’s nadat daar trane met afskeidneem was, om vir mamma of pappa te wys dat alles vergete en beter is. Hier sien ons raak as iemand ‘n piekniekmandjie vergeet het met piekniekdag en dan beraam ons gou ‘n plan. Hier het ons ook ‘n ekstra tema-klerekas vir die ouer wat vergeet het van die temadag se spesiale kleredrag. So verleen ons hulp en bystand met alledaagse dinge wat ‘n ouer so maklik kan oorweldig. Hier doen ons dinge anders, want ons streef daarna om ‘n sterk ondersteuningstelsel vir elke ouer te bied.

Die gesegde lui: “It takes a Village to Raise a Child” en by Gogga Kleuterskool wil ons deel van jou gemeenskap wees: jou tuiste weg van jou huis, jou ekstra stel hande en ‘n hart vol liefde vir jou kleuter.

Gogga Kleuterskool funksioneer met ‘n intense bewustheid dat alles wat ons is en alles wat ons het, slegs deur God se Genade, en Genade Alleen is.

Gogga Kleuterskool en Speelskool funksioneer met ‘n intense bewustheid dat alles wat ons is en alles wat ons het, slegs deur God se Genade en Genade Alleen is.

GEKWALIFISEERDE JUFFROUENS

PRAKTIESE LEERWYSE

OUERS IS WELKOM

HEERLIKE AKTIWITEITE

Foto Hoekie

REGISTREER NOG VANDAG U KIND

REGISTREER